Courtney Capital

Private Wealth

  • Open an Account
  • About
    • Accreditations
    • Disclaimer
    • Hedge Fund Disclosures
    • Email disclaimer
    • Sitemap
  • Invest
    • Managed Accounts
    • Sound guidelines
    • Portfolio management
    • Satrix Investment Plan
  • Trade
    • Trading Platforms
    • Technicals & charting
    • Margin requirements
    • FAQ – CFD’s
    • JSE Top 40 shares
    • Trading calculators
    • Login
  • Save
    • Saving towards Education
    • Offshore investment unit trusts
    • Tax-free investments
    • Retirement Annuities
    • Retirement Income & Living Annuities
    • Group Annuities for Staff Members
  • Partners
  • Learn
    • Articles
    • Suggested reading
    • Financial glossary
    • Presentations archive
    • Market commentary
    • Market transcripts
  • Accounts
    • How to open an account
    • Brokerage & fees
    • Sample mandates
    • Bank details
    • Offshore transfers
  • Indicators
    • World markets
    • The week ahead
    • Economic releases
    • Commodities
    • Currencies
  • News
  • Media
  • Team
  • Contact

Arthur Buchner: Afgeleide Instrumenthandelaar, Nedcor Sekuriteite – Markkommentator

26 August, 2005 By Courtneycap

MONEYWEB, Theo Vorster, 26 August 2005

Die mark het vandeesweek asem geskep.

THEO:  Geldsake met Moneyweb word met trots geborg deur Eerste Nasionale Bank. Ons markkommentator vanmiddag is Arthur Buchner, afgeleide instrumenthandelaar by Nedcor Sekuriteite. Goeiemiddag, Arthur.

ARTHUR BUCHNER:   Hallo, Theo.

THEO:  Arthur, hierdie week, dit lyk of die mark heelwat asem geskep het, hoe het dit vir julle gelyk?

ARTHUR BUCHNER:   Ja-nee definitief, Theo, die mark het afgekom met so 4% .  Dit was nie té sleg gewees as jy kyk na wat in Amerika gebeur het en ook met ‘n paar van die aankondigings in die mark nie.  Maar jy weet, die mark het hard gehardloop oor die laaste drie, vier maande en dit is eintlik ‘n goeie ding dat hy wel asem skep.

THEO:  Wat sou jy sê was die hoofredes vir hierdie terugtrekking vandag, spesifiek die Amerikaanse mark?

ARTHUR BUCHNER:   Wel, die eerste ding is, oor die laaste maand het ons gesien dat almal geroep het dat die mark wel moet terugtrek, en ons mark het nie teruggetrek nie, want ons het baie, baie goeie invloeie gekry van die buitelandse markte en van buitelandse “hedge funds” en goed.  S&P het ons mos opgegradeer en al die Suid-Afrikaanse instansies het gesê dit is tyd dat ons bietjie moet terugtrek en die mark hardloop altyd ‘n klein bietjie té veel op of af.  Jy weet, hy gaan altyd verby sy goeie waarde. Nou, wat basies gebeur het, almal het gewag vir hierdie en nou dat dit teruggetrek het, begin hulle almal op die “band wagon”, so te sê, klim en bietjie wins vat.  En dit forseer die mark meer af as wat hy moet afkom.  Maar tegelykertyd hou die mark ontsettend goed op hierdie vlakke.

THEO:  Arthur, ek weet dis moeilik om te kyk, maar as jy kyk na die termynmarkspelers en jy probeer vooruitskat die volgende week of twee, hoe lyk hulle posisies?

ARTHUR BUCHNER:   Wel, die meeste van die termynmark­spelers sit op die kort kant van die mark.  Ons het ‘n “close out” wat in so twee weke se tyd gaan opkom en die meeste van die opsies wat in die mark geskryf is, lê op die onderkant.  Met ander woorde hier om en by, en ek praat nou van die ALSE 40, omtrent 13,500.  En dit is ‘n goeie kans dat die mark daardie 13,500 gaan probeer toets oor die volgende week.

THEO:  Arthur, die mees aktiewe aandeel vir die dag was MTN en die telekomindeks het ook ‘n redelike pyn gevat hier na die einde toe, enige kommentaar daarop?

ARTHUR BUCHNER:   Ja, wel, eerstens was daar die aankon­diging deur Vodacom dat hulle tariewe gaan sny tot met 50%.  Eerstens het die mark dit as baie negatief gesien.  Hulle het Venfin, Telkom en MTN nogal hard afgestamp.  Maar algeheel, die 50% korting, dit gaan op die kleiner pakette wees en die groot spelers, die ouens wat die Business 500 kontrakte en die Business 1000 kontrakte, hulle gaan nie baie van ‘n diskonto sien nie. En dis waar die mense die meeste van hulle geld maak, hierdie Vodacom en MTN.  Ek dink die aantal hoeveelheid aandele was omtrent 10 miljoen in MTN en dit is ‘n ontsettende goeie ding vir MTN.  Dit was groot volume gewees.

THEO:  So bietjie van ‘n oorreaksie.

ARTHUR BUCHNER:   Ek dink dit was ‘n oorreaksie.  Ek dink hulle gaan nog winste maak.  Daar is ook sprake van Vodafone wat na altwee van Vodacom en MTN kyk.  Ek dink dis ‘n goeie koop, hierdie terugtrek het al die swak hande uit die mark uit getrek en ek sal nie verbaas wees dat hulle oor die volgende week ‘n goeie “bounce” sal vang nie.

THEO:  Arthur, baie dankie.  Dit was Arthur Buchner, afgeleide instrumente handelaar by Nedbank Sekuriteite.

Filed Under: Market commentary

Traders’ updates

My Tweets

Subscribe via Email

Enter your email address to receive notifications of new posts by email.

Free demo account

platform
Open a free demo account and play around with 100k for 20 days in order to test the platform. Trade local and international instruments. Get it now.

Somerset West

23 Louw Ave, Natures Valley
(011) 244-2060 or 61
(086) 525-2405
admin@courtneycap

Stellenbosch

Vrede Wines
(079) 507-1231
(079) 507-1231
 nicoc@courtneycap

London

6 Tallow Rd, Brentford, UK
(011) 083-7898
+44 (771) 347-3983
 arthurb@courtneycap

Other

Lockdown contact details
Mandatory Covid-19 portal
Open an Account

  • 1,367,884 visits
  • About
  • Invest
  • Trade
  • Save
  • Partners
  • Learn
  • Accounts
  • Indicators
  • News
  • Media
  • Team
  • Contact

© 2025 · Webandmore

Scroll Up