Courtney Capital

Private Wealth

  • Open an Account
  • About
    • Accreditations
    • Disclaimer
    • Hedge Fund Disclosures
    • Email disclaimer
    • Sitemap
  • Invest
    • Managed Accounts
    • Sound guidelines
    • Portfolio management
    • Satrix Investment Plan
  • Trade
    • Trading Platforms
    • Technicals & charting
    • Margin requirements
    • FAQ – CFD’s
    • JSE Top 40 shares
    • Trading calculators
    • Login
  • Save
    • Saving towards Education
    • Offshore investment unit trusts
    • Tax-free investments
    • Retirement Annuities
    • Retirement Income & Living Annuities
    • Group Annuities for Staff Members
  • Partners
  • Learn
    • Articles
    • Suggested reading
    • Financial glossary
    • Presentations archive
    • Market commentary
    • Market transcripts
  • Accounts
    • How to open an account
    • Brokerage & fees
    • Sample mandates
    • Bank details
    • Offshore transfers
  • Indicators
    • World markets
    • The week ahead
    • Economic releases
    • Commodities
    • Currencies
  • News
  • Media
  • Team
  • Contact

Arthur Buchner: Nedcor Securities – Markkommentator

19 August, 2005 By Courtneycap

MONEYWEB, Ewald Muller, 19 August 2005

Die bulmark maak ‘n “comeback”.

EWALD:  U is ingeskakel by RSG se Geldsake met Moneyweb, met trots geborg deur Eerste Nasionale Bank. Kom ons hoor nou by Arthur Buchner, hy is ‘n handelaar in afgeleide instrumente, of hy ook ‘n bietjie gesweet het hier so 16:45.

ARTHUR BUCHNER:   Hallo manne, hoe gaan dit?

EWALD:  Baie goed.  Het julle gesweet daar?

ARTHUR BUCHNER:   Nee, eintlik was dit ‘n stil dag.  Jy weet, na middagete het die mark gaan stilstaan en almal het gewag vir wat in die Amerikaanse markte gaan gebeur.  Dis ‘n goeie bons terug van wat Woensdag gebeur het.  Ek dink die ouens is bly dat die mark nie so volatiel was nie.  Hulle het bietjie seergekry Dinsdag en Woensdag.

EWALD:  Nou ons sien vandag natuurlik, ja, dis sowat ‘n persent op vandag, maar ons het die afgelope drie dae gesien dat ons in die rooi geëindig het.  Wat was die dryfkragte in die mark gewees hierdie week?

ARTHUR BUCHNER:   Wel, die eerste ding is, die bere in ons mark, hulle wag op hulle kans om die mark te steek, om die mark te laat val.  Ons noem dit in die “trade” dat iemand dit gaan verkoop.  En Dinsdag toe besluit hierdie ouens dis tyd.  Die Dow is af met 120, ons mark kan nie so voortgaan op hierdie bulmark wat ons nou gesien het oor die laaste ses maande en ons het baie instan­sies gesien wat nou begin hulle portefeuljes verskans.

Maar tegelyke tyd Woensdag en Donderdag het die Dow ge-“bounce” en gistermiddag was hy nie te sleg nie en ons mark het toe gesê:  “Wel, hou net so bietjie aan, hoekom moet ons hierdie mark nou gaan verskans?  Kom ons kyk eers wat doen die Amerikaanse markte”, en dis hoekom ons nou gebons het.  Want die ouens is so bang dat hulle nog ‘n lopie gaan mis, dat hulle dom pryse gaan betaal het.

As jy kyk op die Top 40 aandele, ek dink drie van die aandele was af vandag.  Dit is ‘n ongelooflike sprong.  Ek meen, die toppie wat 134 punte op is, dis ons Top 40, wys jou dat die ouens miskien net te vinnig op die brieke gespring het Woensdag.

EWALD:  Arthur, in die lig van daardie kommentaar, wat dink jy gaan ons volgende week sien?

ARTHUR BUCHNER:   Wel, ek moet sê die mark hou ontsettend goed.  En jy weet daar is ‘n paar van die kommentators daarbuite wat sê hy het te veel gedoen, maar as jy kyk na evaluasies, is hy nie heeltemal gerek nie.  En as die Amerikaanse markte nog ‘n goeie dag kan hê vandag, kan ons ‘n lekker dag Maandag en Dinsdag hê.  Ek dink die voortsetting van die Bulmark wat ons alreeds gesien het, kan nog gaan.

EWALD:  Waar staan die termynmark op hierdie stadium?  Wat is die leiding wat jy sien daar in die termynkontrakte?

ARTHUR BUCHNER:   Wel, soos ek jou gesê het, kan ons nogal ‘n goeie aanvraag vir verskansing in hulle portfolio’s, die “asset managers” op die oomblik.  Maar jy weet, dit is ‘n natuurlike ding.  As jy 40% op is vir die jaar, moet jy kyk na verskansing.  Jy kan nie jou hele portfolio gaan uitverkoop nie.  En ons sien definitief baie van dit.  So in die termynmark is die manne verkopers, maar in die spotmark is die manne definitief kopers, so jy kan sien enige terugtrek in die aandele, is die ouens daar besig om te koop.

EWALD:  Arthur, het julle ouens miskien vandag enige kommen­taar gelewer oor AVI se handelsopdatering?

ARTHUR BUCHNER:   Nee, omdat hy buite die Top 40 val, sal ek kan kommentaar lewer op hom nie.  Maar ek sien hy is 10c op vandag.  Die verwagting in die mark was dat hulle slegter sou gedoen het, en ek dink hulle het miskien bietjie verras op die opkant.

EWALD:  Ek dink die enigste probleem is, dit gaan ‘n redelike moeilik stel resultate wees om te ontleed.

ARTHUR BUCHNER:   Wel, dis dit, jy weet, verkoop iets en dan moet jy nou heeltemal van die nuwe maatskappye begin.

EWALD:  Dis hy.  Wel, ons sal maar sien wanneer die resultate uitkom, maar Arthur, baie dankie dat jy met ons gesels het vandag en geniet jou naweek.  Dit was Arthur Buchner van Nedcor Securities.

Filed Under: Market commentary

Traders’ updates

My Tweets

Subscribe via Email

Enter your email address to receive notifications of new posts by email.

Free demo account

platform
Open a free demo account and play around with 100k for 20 days in order to test the platform. Trade local and international instruments. Get it now.

Somerset West

23 Louw Ave, Natures Valley
(011) 244-2060 or 61
(086) 525-2405
admin@courtneycap

Stellenbosch

Vrede Wines
(079) 507-1231
(079) 507-1231
 nicoc@courtneycap

London

6 Tallow Rd, Brentford, UK
(011) 083-7898
+44 (771) 347-3983
 arthurb@courtneycap

Other

Lockdown contact details
Mandatory Covid-19 portal
Open an Account

  • 1,367,885 visits
  • About
  • Invest
  • Trade
  • Save
  • Partners
  • Learn
  • Accounts
  • Indicators
  • News
  • Media
  • Team
  • Contact

© 2025 · Webandmore

Scroll Up