MONEYWEB, Ewald Muller, 19 August 2005
Daar’s nie juis veel maatskappynuus vandag nie…
EWALD: Goeiemiddag, en welkom by RSG se Geldsake met Moneyweb, met trots geborg deur Eerste Nasionale Bank. Ek is Ewald Muller en dit is my plesier om in u geselskap te wees. Soos u gehoor het, die kenner saam met my vandag in die ateljee, Theo Vorster. Welkom, Theo.
THEO VORSTER: Goeiemiddag, Ewald.
EWALD: Besigheidsnuushooftrekke, dit is Vrydag, soos gewoonlik weet ons dit gaan maar stil wees. AVI reik ‘n handelsopdatering uit vir die jaar tot 30 Junie. Daar sal wesentlike impakte van transaksies gedurende die jaar wees as gevolg van Vector Logistics – dit het ‘n R307m wins getoon. Verkryging van ‘n minderheid belang in Consol vir R526m en die besluit om I&J se buite see visvangbedrywighede te verkoop. Op die basis van voortgesette bedrywighede alleenlik, word daar verwag dat toeskryfbare verdienste per aandeel tussen 45% en 55% hoër sal wees en wesensverdienste sowat 0% tot 10% laer.
Grinrod kondig aan dat hulle aandeelhouers gaan nader om Grinrod se aandele te onderverdeel in ‘n verhouding van vyf tot een.
Wesco kondig die notering van ‘n addisionele 3.7 miljoen aandele aan teen 55.8c elk as gevolg van die aankoop van Wesco Mining.
Verder in die program vanaand, Arthur Buchner gesels met ons as ons markkommentator; Theo Vorster gaan fokus op ‘n kleinmarkkapitalisasie aandeel; Ronél Pieterse is ons vrou in die sakewêreld; ons gesels met Virgo Abrahams, assistent beregter van pensioenfondse oor die nuutste beslissing teen Liberty Life. Ben Meyer van die JSE sluit by ons aan om te gesels oor termynkontrakte en opsies op effekte. En Rod Grovelet-Blondin, hoofbestuurder van die Landbou divisie van die JSE gaan met ons gesels oor die sage van die mielietrust.